RietbronMeer oor RietbronNG Kerk RietbronLaerskool RietbronRietbron SportdagAkkomodasie in RietbronBesighede in Rietbron
Home | Sportdag | Laerskool Rietbron Eeufees | Meer oor Rietbron | NG Gemeente Rietbron | Laerskool Rietbron | Akkommodasie in Rietbron | Rietbron Vroueklub | Rietbron Landbouvereniging | Besighede in Rietbron | Kontak ons |
Home

Welkom in Rietbron

 
RIETBRON in die “kom” tussen die Nuweveld- en die Swartberge.
RIETBRON op die kruispaaie waar die water vroeër jare tussen die riete, by die bron uitgeborrel het.
RIETBRON met sy ritme tussen droogte en reën.
RIETBRON ons tuisdorpie in die Karoovlakte, met sy Karoobossies en sy biltongklippe, sy droë rivierlope en sy doringbome, sy stofstorms en sy onvergeetlik mooie sonsondergange.
RIETBRON!!

View Larger Map
 

Rietbron is in die Oos-Kaap, geleë in die groot vlak tussen Beaufort-Wes (80km) en Willowmore (60km) op die R306. Ander afstande is; Oudsthoorn (150km), Graaff-Reinet (200km), Prins Albert (124km) en George (250km). Dis bereikbaar slegs deur grondpaaie.
GPS:  32° 53' 57.7" S / 23° 8' 56.4" E

Die eerste indrukke van Rietbron is dat dit ‘n verlate, bouvallige ou Karoodorpie is.
As jy dit sou waag om hier ‘n bietjie tyd deur te bring, rustig te raak, die sonsondergang en die Karoostilte in te neem, egte Karoo gasvryheid te voel, sal jy verseker met ander oë na ons dorpie kyk. Wat hier saak maak is “die mense”.

Verskillende tipe boustyle is te sien. Van huise met Gewels tot die platdak Karoo boustyl. Heelwat huisies, drie-vertrek, is aanvanklik gebou vir nagmaalnaweke.
Minder as 20 huise word tans permanent bewoon. Die res is naweek of vakansiehuise. Party naweke, soos met die jaarlikse Dankfees betrek die distrik hul dorpshuise. Dan word hier gekuier van Vrydag se veeveiling af tot Sondag na die Nagmaalete. Heelwat van die huise behoort al aan mense van buite, selfs van Johannesburg, wat die Karoo leer ken het en hier kom vakansie hou.

Op die dorp is ‘n Kerk, ‘n laerskool, koshuis, polisiestasie, Museum,  Algemene Handelaars, Tuisnywerheid, biblioteek en tennisbane, lees later meer hieroor. Selfsorg gastehuise is beskikbaar. Sien Akkommodasie

 

Rietbron in die Media

Rietbron In Country Life Rietbron in Weg
Rietbron in Country Life
(Maart 2009)
Rietbron in Weg
(Julie 2009)

 



News Headlines

Home Sportdag | Laerskool Rietbron Eeufees | Meer oor Rietbron | NG Gemeente Rietbron | Laerskool Rietbron | Akkommodasie in Rietbron | Rietbron Vroueklub | Rietbron Landbouvereniging | Besighede in Rietbron | Kontak ons |

Internet marketing for South African websites by FAQ.co.za